Wednesday 29 May 2013

Spek-en-lensiesop (lae GI)





Genoeg vir: 4
 
• 250 g strepiespek, gekap
• 2 groot uie, gekap
• 4 wortels, gewas en gerasper
• 3 selderystingels, opgesny
• 500 ml rooi lensies
• 2 liter hoenderaftreksel
• 30 ml gekapte pietersielie

• 15 ml suurlemoensap
• croutons en brood om voor te sit

1 Braai die spek in ’n kastrol bros. Skep dit met ’n gleufieslepel uit en hou eenkant. Los die vet in die kastrol.

 
2 Soteer die uie in die vet tot sag. Voeg die wortel en seldery by en soteer vir ’n paar minute.

 
3 Voeg die lensies en aftreksel by. Laat prut vir 45 minute. Roer die spek, pietersielie en suurlemoensap by net voor jy gereed is om die sop voor te sit. Strooi croutons oor en sit voor met brood.