Tuesday 28 May 2013

Pannekoek en 'n Maalvleisvulsel





Pannekoek

1 kopi meel, 1 kop melk, 2 eiers, 1 teelepel sout en ‘n opskep lepel kook olie. Klits goed gooi biki watr by as deeg te dik is. Gaar pannekoeke vries goed.

 
Tips:

“Ek gooi altyd vanilla essence by my deeg vir ‘n lekker geur en suurlemoensap sodat hy mooi bruin word Sodra ek hom uitgooi in ‘n bord verf ek bietjie melk oor met i kombuis kwassie om hom lekker sag te maak en dan smelt die suiker ook lekker in.

Gevulde soutpannekoeke

Dié gereg kan met 'n soutvulsel van jou keuse gemaak word. Dis lekker met gerookte skelvis en vars pietersielie, of met 'n spek-en-sampioenvulsel. Selfs oondgeroosterde groente en feta is 'n opsie.

 
Maalvleisvulsel

1 ui, baie fyn gekap
30 ml olie
5 ml koljander
5 ml komyn
2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
500 g maer maalvleis
30 ml worcestersous
30 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) gekapte tamaties
15 ml bruin uiesoppoeier
Bietjie kookwater

Kaassous

500 ml dun witsous
Sout en peper na smaak
100 ml gerasperde cheddar
100 ml gekrummelde bloukaas
60 ml gerasperde parmesaan

 

Vir maalvleisvulsel:

 Braai ui in die olie tot baie sag. Voeg koljander, komyn en knoffel by en braai tot geurig. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg worcestersous en tamatiepasta by en braai vir 1 minuut. Voeg tamaties, uiesoppoeier en 'n bietjie kookwater by en prut vir sowat 30 minute tot dik. Geur met sout en peper. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer 'n groot, plat oondbak met botter. Vul elke pannekoek met 'n paar lepels van die maalvleisvulsel en rangskik in 'n enkellaag in die oondbak. Geur die warm witsous met sout en peper en roer die drie kase by. Giet egalig oor die pannekoeke en bak vir 20-30 minute tot goudbruin en borrelend. Sit voor met 'n mengselslaai. Genoeg vir 6-8 mense.