Tuesday 28 May 2013

OORSKIETKOSKOEKIES





Daar is geen vaste bestanddele nie en geen vaste hoeveelhede nie. Gebruik die volgende net as ’n riglyn.

Bestanddele
kapokaartappels is die basis van hierdie dis - gerasperde aartappels (gaar of rou) kan ook gebruik word indien kapokaartappels nie beskikbaar is nie
kool
wortels
oorskietvleis, of ham, of selfs boelie, net soos jou smaak jou lei
wat nog als in die yskas te vinde is
spek en gebraaide uie om die dis op te kikker
meel en eier om die megsel dikker te maak, indien jy daarna voel
sout en peper na smaak

Metode
Sny die vleis in blokkies en hou dit eenkant. Braai uie en spek en hou dit eenkant. Maak al die ander bestanddele met ’n vurk se agterkant redelik fyn en meng dit met die vleis, uie en spek. Maak bolletjies, druk hulle plat en braai in olie oor matige hitte tot dit goudbruin is. Anders kan alles sommer saam in die pan gegooi en geroerbraai word. Dien dit op.