Thursday 30 May 2013

malvalekker-en-sjokolade-koekies






 Kinders is mal oor dié koekies - ook lekker vir markdag.

18 s’mores

36 Marie-beskuitjies (1 pakkie sal genoeg wees)
18 wit malvalekkers
100 g melksjokolade

STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas 18 Marie-beskuitjies daarop. Sit ’n malvalekker bo-op elkeen. Smelt sjokolade oor ’n kastrol met kookwater of teen ’n lae temperatuur in die mikrogolfoond. Plaas bakplaat versigtig in die oond vir net 2 minute.

STAP 2
Skep ’n teelepel van die gesmelte sjokolade bo-op elke koekie se malvalekker.

STAP 3
Druk versigtig nog ’n Marie-beskuitjie bo-op elkeen vas. Laat afkoel voor jy dit eet, want die malvalekkers word baie warm.