Thursday 30 May 2013

MALVA-EN-KERSIETERT





 LEWER 12-14 PORSIES

1 groot konfytrol, in skywe van 1 cm gesny
80 ml (1/3 k) soetwyn (hanepoot of sjerrie)
 2 x 80 g pakkies rooi jellie
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) room
1 x 380 g blik yskoue, volroom, ingedampte melk
1 x 397 g blik kondensmelk
125 ml (½ k) suurlemoensap
250 g rooi glanskersies, gesnipper
20 pienk malvalekkers, fyn gesnipper
Voer ’n diep middelslag-tertbord met snye rolkoek uit en sprinkel die soetwyn bo-oor. Los die jellie in die kookwater op en roer die room by. Laat afkoel tot dit net begin verdik. Klits die ingedampte melk styf en klits die jelliemengsel by. Klits die kondensmelk en suurlemoensap in ’n aparte bak tot dik en klits ook by die melkmengsel. Laat afkoel tot dit begin verdik. Sprinkel ’n laag kersies en malvalekkers op die rolkoekskywe. Skep die helfte van die melkmengsel bo-oor en smeer gelyk. Sprinkel weer ’n laag van die kersies en malvalekkers oor en skep die res van die melkmengsel bo-oor. Verkoel tot gestol.