Friday 31 May 2013

KERRIE SULT



4 Varkpote - skoon gemaak 'n stuk beespens skoon gemaak
1.5kg beesskenkel vleis
5 groot uie, gekap
400 ml asyn 30ml matige kerrie poeier
15 ml borrie
15ml sout of na smaak
2ml peper

Plaas die pote, pens en skenkel vleis in n groot diep kastrol met n dik boom. Voeg die res van die bestandele by asook genoeg water om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en kook totdat al die vleis van die bene val. Laat dit afkoel tot lou, verwyder al die bene. Maal al die vleis fyn en voeg by sous in kastrol. Voeg nog kookwater by as die sous te min is. Laat dit opkook en proe of daar genoeg sout en kerrie in is. Giet die mengsel in reghoekige of vierkantige bakke en plaas in die koelkas om te stol. Dit is na n paar uur reg vir gebruik.