Tuesday 28 May 2013

HEMELSE STEAK




Wilna Dorfling
Hemelse steak, sommer groente en artappelstukkies ook bygevoeg :

1kg Tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak.

 Meng:200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.

  Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 - 90 min by 160 °C