Monday 27 May 2013

Gemengde groentekerrie




Genoeg vir: 4-6 porsies
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
• 400 g gemengde groente soos groenboontjies, ertjies, aartappels, blomkool, wortels, kool, mangetout en dwergsampioene
• 30 ml olie
• 2,5 ml mosterdsaad
• 5 ml komynsaad, gerooster
• 2,5 ml uiesaad
• 5 ml fyn borrie
• 2 knoffelhuisies, gekneus
• 6-8 kerrieblare
• 1 gedroogde rooi brandrissie
• 1 blik tamaties
• 5 ml suiker
• 150 ml ongegeurde jogurt gemeng met 5 ml mielieblom
• vars koljanderblare vir garnering
1 Berei al die groente voor deur dit skoon te maak, af te skil en in blokkies te sny, waar nodig, of in blommetjies te breek. Kook of stoom die groente tot net-net gaar, maar steeds ferm en bros.
2 Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die mosterdsaad, komynsaad en uiesaad by. Sodra hulle begin skiet kan jy die res van die speserye (tot by die gedroogde rooi brandrissie) byvoeg. Voeg die tamaties by en roerbraai vir sowat 5 minute.
3 Voeg die groente by, asook die suiker, jogurt en sout. Verhit oor lae hitte tot deurwarm. Sprinkel die koljanderblare oor en sit voor.