Thursday 30 May 2013

Dubbeldoor Sjokolade Brosbrood




Bestanddele

250 g meel
250 g versiersuiker
125 ml kakao
250 g botter
2 ml sout
100 g donker sjokolade - gesmelt

Metode

Plaas die meel, sout, versiersuiker, kakao en botter in 'n mengbak en klits tot romerig. Voeg die gesmelte sjokolade by en meng goed. Verkil in die yskas. Voorverhit oond tot 180 C en rol die deeg in balletjies, druk, plaas verspreid op 'n gesmeerde bakplaat en druk effe plat met 'n vurk. Bak vir 10-15 min en verwyder van bakplaat en laat afkoel op draadrakkie.